top of page

Hoekom natuurlike seep? 3. Jou vel is 'n orgaan

Ons weet jy dink jou groot en sagte hart is jou grootste orgaan. Dalk is jy groot op braaivleis en jy dink jou maag is die grootste orgaan. Die regte antwoord is dat jou vel jou grootste orgaan is! So wat eet jy deur jou vel? Mmmm...


Huwelied Huis se natuurlike, vloeibare seepreeks sluit Lyfwas en Sjampoe, Handwas, Gesigwas Castilleseep, Boerseep, Skottelgoedseep en Dieresjampoe in.

Daar is 'n gesegde wat sê dat jy niks op jou vel moet sit wat jy nie sal eet nie. Daar is waarheid in daardie stelling. Jou vel is baie absorberend. Hier is 'n voorbeeld: as jy hormoonaanvullings kry, soos bv. progesteroon, dan gee hulle vir jou progesteroonroom wat jy aan jou vel smeer. Jou vel neem dit op en dit beÏnvloed jou hele lyf. Dieselfde gebeur met magnesium. Jy neem sekere dinge beter deur jou vel op.


Nou is die vraag: dink jy dat jou sintetiese seep, of self gliserienseep, se bestandele word deur jou vel opgeneem? Verseker word dit. Wat word met Huwelied Huis se seep ogeneem? Minerale soute en essensiële olie. Dis dit. Dit is veral belangrik as jy 'n vrou is. Vrouens se hormoonstelsels is net bietjie meer gevoelig en gekompliseerd. Hoekom sal jy wil dobbel as daar 'n luukse, sagte, natuurlike en veilige alternatief is vir 'n billike prys?


Hier is troetel-sag produkte vir jou lyf, hare, hande en gesig:





Comments


bottom of page