top of page
Lekka Koffie banner.png

GROENVERBOUDE KOFFIE UIT AFRIKA

As dit nie sê Lekka Koffie nie, dan is dit nie Lekker Koffie nie!

Coffee Beans And Grounds

‘Groenverboude Koffie’ beteken in beginsel dat die koffie organies verbou word, maar nie gesertifiseer word nie. Hierdie boere word deur ‘n spesialis opgelei in organiese verbouingsmetodes. Dieselfde spesialis is ook verantwoordelik vir die professionele rooster- en mengproses en is in vroeg-2024 gesertifiseer as die groenste koffiemaatskappy op aarde.

‘Green-Grown Coffee’ means in practice that the coffee is grown organically, but not certified as such. The farmers are trained by a specialist in organic growing methods. This same specialist is also responsible for the professional roasting- and mixing processes and has been certified in early 2024 as the greenest coffee company on earth.

 

Om te verseker dat Lekka Koffie die beste smaakervaring is, gebruik ons slegs die beste bone, gegroei in harmonie met die natuur deur boere, nie korporasies nie. Met elke sluk ondersteun jy ‘n egte gesin.

Afkomstig uit die tradisioneel koffieverbouende lande in Afrika

- tot perfeksie gerooster en gemeng in Suid-Afrika.

To ensure that Lekka Koffie is the best taste sensation, we use only the best beans, grown in harmony with nature by farmers, not corporations. With each sip you support a real family. Originating from the traditional coffee growing countries in Africa - roasted and mixed to perfection in South-Africa.

 

Alhoewel ons baie trots is op hierdie indrukwekkende koffie-’cv’, is die beste rede om Lekka Koffie te drink, die uitmuntende smaak:

Toe Corné sy eerste sluk van die koffie neem, moes hy eenvoudig weet wie die koffiegenot rooster. Groot was ons verrassing dat die boetiekroostery in ons eie omgewing is en nie aan die publiek versprei nie.

Dit is vir ons ‘n voorreg om hierdie uitnemende produk te mag versprei onder die Huwelied Huis vaandel.

 

Although we are really proud of this impressive coffee-’cv’, the best reason for drinking Lekka Koffie, is its excellent taste:

When Corné took the first sip of coffee, he just had to know who was responsible for roasting this coffee-enjoyment. Great was our surprise that the boutique roastery is situated in our own area and that it doesn’t distribute to the general public.

We are privileged to distribute this outstanding product under the Huwelied Huis banner.

Tans is daar 3 roosters en/of mengsels

- elk beskikbaar as bone, of gemaal in 250g of 1kg verpakkings:

 

Italiaanse Mengsel

Mengsel van Arabica en Robusta, dus hoë kafeïeninhoud.

Geskik vir mense wat hou van ekstra skop in hulle koffie en espresso-gebaseerde drankies.

Medium-Donker Gerooster

Honderd persent Arabica - sagter, romeriger smaak.

Geskik vir beginner koffiedrinkers, mense wat bloot hou van ‘n ligter koffiesmaak, of mense wat baie koffie drink en graag nie te veel kafeïene wil inkry nie.

Donker Gerooster

Honderd persent Arabica.

Meer intense koffiesmaak met meer bitter en suur smake op die palet.

Gunsteling van gesoute koffiedrinkers.

Currently there are 3 roasts/or mixes

- each available as beans, or ground in 250g and 1kg package sizes:

 

Italian Mix

A mix of Arabica and Robusta, thus a high caffeine content.

Suitable for people who like an extra kick in their coffee and espresso-based drinks.

Medium-Dark Roast

Hundred percent Arabica - softer, creamier taste.

Suitable for beginner coffee drinkers, people who simply like the lighter coffee taste, or people who love drinking coffee and would rather not consume too much caffeine.

Dark Roast

Hundred percent Arabica.

More intense coffee taste with more bitter and sour notes on the pallet.

Favourite among seasoned coffee drinkers.

Coffee Beans Variety

Grootmaat aankope

Bulk Sales

As jy 'n koffiewinkel of gastehuis het en slegs die beste wil voorsit aan jou kliënte, of as jy 'n koffiemonster is en graag meer koffie op een slag wil bestel, laat weet ons asb van jou voorneme, sodat ons seker kan maak dat ons jou gekose rooster in die regte formaat en hoeveelheid beskikbaar het wanneer jy dit nodig het. 

If you have a coffee shop or guest house and would like to serve only the best to your customers, or if you are a coffee monster and would like to order more coffee with your purchase, please let us know in advance, so that we can make sure to have your preferred roast available in the correct format and quantities, ready for when you need it.

Coffee And Pastries
bottom of page