Huwelied
SA se gunsteling Sangegpaar
Corné en Heidi Dannhauser saam, as Huwelied, is 'n onvergeetlike ervaring. Die liefde van amper drie dekades se gelukkige getroude lewe is 'n duidelike band wat nog meer trefkrag aan die sinvolle lirieke gee. Nou 'n lag, dan 'n traan, die vloei van emosies en energie sorg vir 'n heerlike ervaring van verskillende style musiek en aanslag. Dan is hulle, na jare se ondervinding, ook uiters gemaklik op 'n verhoog en geniet dit om woordjies met die gehoor te verwissel.
​
Corné se kwinkslae en spitsvondige lirieke laat skerp waarnemers heerlik giggel. Wat hulle verder baie vermaaklik maak, is dat hulle nie alleenlik albei sing nie, maar ook onderskeidelik kitaar (Corné) en viool en saksofoon (Heidi) speel.
As jy hou van lekker, gemaklike luistermusiek met goeie lirieke, wat jou roer en ontroer, is hierdie die musiekpaartjie vir jou. As vieslike taal en uitheemse idees jou lankal geel om die kiewe het, is Huwelied se Christelike wêreldsbeskouing 'n vars briesie in die vermaaklikheidsomgewing.
Wat mense sê
- So beskryf gehore hierdie getroude sangpaartjie met hul oorspronklike, vars, eie Afrikaanse musiek.
‘Skitter-blerrie-rend!’
‘Wenresep.’
‘Uit die boonste rakke.’
‘Onvergeetlike, heerlike, asemrowende, hoendervleis-aand.’
‘Julle roer die hartsnare!’
'n Bietjie Agtergrond
'n Bietjie Agtergrond
Op slegs 19 was Heidi die Konsertmeesteres (op viool) vir die Reserwe Nasionale Jeug Simfonie-orkes. In haar laat 20’s het sy saksofoon leer speel vir haar rol as ‘Mrs Santiago’ vir die Staatsteater produksie ‘The Buddy Holly Story’. Later is sy in ‘Sarie’ deur Nataniël genoem as een van Suid-Afrika se top 5 sangeresse (sy ‘Groot Vyf’). Sy het die vroulike hoofrol vertolk in ‘Liefde en Oorlog’ saam met die welbekende akteur, At Botha, en het ‘n kleurvolle loopbaan van amper 3 dekades in verskeie aspekte van die vermaaklikheidsindustrie agter die rug.
Corné is ook ‘n multi-instrumentalis (baskitaar, trompet, kitaar, kontrabas) en het ook sy eie, indrukwekkende geskiedenis in die vermaaklikheidsbedryf as kunstenaar, liedjieskrywer en musikale regisseur. Hy was oa. in die Royal Albert Hall met Nataniël, deur Afrika met PJ Powers, in Shanghai met Lili Feng, in die Hartland met Robbie Wessels, in Pretoria met Valiant Swart, het SAMA wenners saam met Coenie de Villiers opgeneem, en was musikale regisseur vir die internasionale ster, Stef Bos. Corné is die kreatiewe stukrag agter Huwelied.
​
​
"…Huwelied het vandag… getoon wat ware kunstenaarwees is. Hulle fyn waarneming van lewensituasies is die pitkos wat hulle diep-luister musiek, so treffend maak… Corné se lirieke getuig van geniale denke. Sy fyn verwoording van gedagtes en emosies wat ek en jy nog altyd wou verwoord maar nie geweet het hoe nie, gee ons meteens daardie gemoedsrus, dat ons nie alleen is nie. Verfrissend anders as die oorvloed kommersiële treffers op die mark wat op blote herhaling, dwangrym en genitale denke berus… Hul stemme is in harmonie, hul instrumente in voeling met elke lied… Huwelied gee diegene wat essensie in musiek wil hoor, weer hoop… Welgedaan, Huwelied."
Hoe ons dinge doen...
01
Liriekgedrewe
Ons glo die woorde is nog belangrik. Mag ons maar iets so mooi as moontlik sê? Daar is ‘n plek vir liggewig lirieke. As jy net wil party, dan is dit reg. Maar soms moet ‘n mens sekerlik dinge kan sinvol probeer sê. Ons probeer. Dit beteken nie die musiek is styf nie…
02
Gesinsvriendelik
Ouers behoort nie nie bloos as hulle moet verduidelik waaroor ons sing nie. Huwelied sing ook oor dinge wat ouderdomsensitief is, maar daar is ‘n manier om iets te sê. Ons probeer om alles so te sê dat jy gerus maar jou gesin kan blootstel aan ons musiek. Lekker-luister musiek!
03
Organies
Optredes gebeur altyd met sang, viool, kitaar, saksofoon, al is daar soms ‘back tracks’. Huwelied tree op in 3 formate: heeltemal akoesties, met bogenoemde instrumente en ‘back tracks’ en met vol orkes. As jy ons bespreek, kan jy besluit waarvoor jy lus is en/of wil betaal.
04
Natuurlik
Net soos die musiek, is die produkte die egte item. Daar is ‘n hele reeks Natuurlike Vloeibare Olyf- en Klapperolieseep. Dis sag op jou vel en sag op die natuur. Voeg hierby die beste gegroeide koffie in die land en jy kan al die beste bederfies hier kry, nie net goeie musiek nie!