top of page

Hoekom Natuurlike Seep? 1. Dis voedend en bevogtigend

Al Huwelied Huis se natuurlike, vloeibare sepe word gemaak met 'n basis van olyfolie en/of klapperolie. Hierdie olies word verseep deur 'n redelike ingewikkelde proses om dan die fantastiese seep te vorm. Daar is geen meer olie in jou produk nie, want al die olie is verseep, MAAR die eienskappe van die olie bly in die seep!!

Huwelied Huis se natuurlike, vloeibare seepreeks sluit Lyfwas en Sjampoe, Handwas, Gesigwas Castilleseep, Boerseep, Skottelgoedseep en Dieresjampoe in.

So verkeerd as wat dit klink, is die seep dus voedend en bevogtigend. Dis hoekom ons mense probeer kry om hulle hande te was by die markte waar ons is oor naweke. Jou vel voel sagter nadat jy dit met ons seep gewas het as voor die tyd. Dit voel skoon vreemd vir die meeste mense!


Dit beteken natuurlik ook dat jy gaan nie meer olietjies en roompies nodig hê nadat jy jou vel, hare, of wat-ook-al gewas het nie. Die olie-eienskappe in die seep sorg daarvoor. Mense se vel- en haartipe verskil natuurlik, maar as jy ons seep vergelyk met ander sepe is ons oortuig dat jy aangenaam verras sal wees deur die heerlike, sagte gevoel op jou vel.


Hier is 'n paar opsies van ons natuurlike seepreeks waarna jy kan gaan kyk:






Comentarios


bottom of page