'n Boer is mos iemand wat omgee vir die natuur! Of jy nou 'n kampeerder is, of 'n 4x4 entoesias, of jy bietjie van 'n greeny is en of jy 'n septiese tenk op jou plot het, 'n Boer het baie te doen met die natuur. Watter mense wil in elke geval nie sy deel doen om die natuur so respekvol as moontlik te hanteer nie?
Huwelied Huis se reeks vloeibare natuurlike olies bevat net natuurlike bestandele en is daarom gryswatervriendelik, bio-afbreekbaar en omgewingsvriendelik. Die basis is olyfolie en/of klapperolie en/of beesvet. Ons gebruik nie gliserien nie! Ons verdere byvoegings is minerale soute, seesout, fonteinwater en essensiële olies.
Al sou al die ander, meer 'vroulike' voordele van die seep jou koud laat (soos 'n sagter vel...), kan jy minstens 'n beter impak op die natuur maak met die soort seep wat jy gebruik en jy gaan baie ver soek om 'n seep te kry wat sagter op die natuur is, as Huwelied Huis se seepreeks.
Hier is 'n Lyfwas en Sjampoe in-een, Skottelgoedseep en Boerseep Plus (wasgoedseep en vlekverwyderaar in-een) wat jy kan saamvat bosse of natuur toe. Jou vel sal jou bedank, die klere en skottelgoed sal onmiddelik skoonkom en die natuur sal wees soos jy dit gevind het, al gooi jy jou was en badwater in die veld uit.
Comments