top of page

As jy op 'n gesondheidswebwerf is, is jy sekerlik daarvan bewus dat anti-perspirant alluminium bevat, wat uiters nadelig vir jou gesondheid is. Verder irriteer dit ook sommige mense se vel - veral nadat jy onder jou arms geskeer het. Dan is daar natuurlik die ongemak van reukweerder (deodorant) wat dikwels jou klere vlek.

Huwelied Huis se Blomtuin Reukweerder los al 3 bogenoemde probleme op!

Ons nuwe reukweerder is:
Alluminiumvry, Parabenvry en selfs Koeksodavry.

Verder is dit nie alleen 'n lekkerruiktoevoeging tot jou oggendroetine nie, dit raak werklik ontslae van slegte reuke, aangesien dit Anti-Bakteries is. As jy dus gedurende die dag 'n reukie bespeur, kan jy eenvoudig 'n bietjie onder jou arm aanwend - 'n minuut of 2 later, behoort die reuk iets van die verlede te wees. (Indien nie - oorweeg miskien om jou liggaam met ons CDS te detoks. Die 200ml bottel CDS-konsentraat sal genoegsaam wees vir 'n 21 dae detoks.)

Verdere gesondheidsvoordele is dat dit swamvorming in die donker, warm, klam area van jou oksels beveg, aangesien dit swamwerend is. Dan is dit ook nie so uitdrogend vir jou vel, soos met die algemene sintetiese reukweerders nie - ons sou dit eerder as voedend beskryf.

Die geur is lieflik sag en ruik waarlik soos 'n blomtuin - alles verskaf deur egte Essensiële Olies, nie sintetiese geure nie. Dit sal dus nie met jou parfuum kompeteer en jou soos 'n bazaar laat ruik nie. Mense met sensitiewe gestelle wat geur aan betref, sal dus nie met geur oorweldig word en met 'n hoofpyn sit, soos wat soms die geval met sintetiese geure is nie.

Laastens is dit beskikbaar in 'n aanrolbottel, vir maklike aanwending - dit sal ook nie jou kontaklense beskadig, soos wat 'n aanspuitformule sou doen nie. Net soos in die geval van kontaklense, beskadig die formule ook nie jou klere nie.

Vir 'n splinternuwe lekker-bly-ruik-ervaring, probeer gerus ons Blomtuin Reukweerder.

Reukweerder - Blomtuin

R50,00Price
  • Fonteinwater, Kaliumolivaat, Kaliumkoöraat, Seesout, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Malva-, Laventel- & Lemoen Essensiële Olie

bottom of page