top of page

Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Lyfwas & Sjampoe is 'n mengsel van 70% Olyfolieseep en 30% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Malva Essensiële Olie. Hierdie is die grootste verpakking en is die meeste waarde vir geld. Dit is 'n lyfwas en sjampoe twee-in-een, soos wat 'n stortseep sal wees.

 

Die voedende eienskappe van die olies is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel nou vogtigend en voedend is. Met die grootste gedeelte uit olyfolie, is hierdie seep besonder sag en voedend vir vel en hare. Die klapperolie gedeelte sorg vir ekstra skoonmaakkrag en heerlike groot borrels, sodat die seep maklik gebruik kan word op sponse en waslappe, of met die hand, in die stort of die bad.

Al Huwelied Huis se Lyfsepe is Castille-tipe seep, wat van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend is. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een.

 

Malva essensiële olie is gebruik om die seep te laat lekker ruik, maar dit het ook unieke gesondheidsvoordele.

 

Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou vel, sag op die natuur!

Lyfwas & Sjampoe Malva

R230,00Price
  • Fonteinwater, Kaliumolivaat, Kaliumkoöraat, Seesout, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Malva Essensiële Olie

bottom of page