top of page

Hierdie Donker Geroosterde Italiaanse mengsel van Huwelied Huis se Lekka Koffie, is 'n mengsel van Arabica- en Robustabone. Die smaak is die sterkste van al ons mengsels. Dit bevat ook die meeste kafeïene vir 'n behoorlike skop Boeretroos.

 

Baie mense is onder die indruk dat Robusto 'n minderwaardige produk is in vergelyking met Arabica. Dit natuurlik nie waar nie. Die verskil lê bloot in die smaak en kafeïeninhoud. Hierdie is die gunsteling mengsel van die meeste koffieliefhebbers en ook die mengsel wat die meeste begruik word vir espresso-gebaseerde drankies.

 

Ons koffie word versigtig uitgesoek by boere, nie korporasies nie, in die tradisioneel koffieproduserende lande in Afrika soos Ethiopië, Rhwanda, Kenia en Tanzanië. Hierdie koffie word volgens groenbeginsels gegroei vir hulle superieure smaak. Dit word dan met groot sorg tot perfeksie gerooster, gemaal en gemeng in Suid-Afrika. Met elke sluk koffie ondersteun jy 'n regte gesin.

 

As hierdie die enigste rede was om hierdie koffie te drink, dan was dit al klaar 'n fantastiese saak. Maar dit is nie! Die grootste rede om Lekka Koffie te drink, is die ongelooflike smaak. Ons reken dis die beste koffie in die land! Ons is oortuig jy gaan saamstem na jou eerste ervaring.

 

Die verpakking is 1kg of 250g bone, wat perfek is vir koffieliefhebbers wat hulle eie toerusting het om koffiebone te kan maal volgens smaak.

 

As dit nie sê Lekka Koffie nie, dan is dit nie lekker koffie nie!

Lekka Koffie Donker Italiaanse Mengsel Bone

R270,00Price
    bottom of page