top of page

Huwelied Huis se Natuurlike Gouereeks Lyfwas & Sjampoe is die luukste en voordeligste manier om jou vel en hare sagkuns skoon te troetel. Die duursame glasbottel waarin dit verpak word, verhoog die estetiese waarde en pas ook aan by die res van die Lyfreeksprodukte. Dis egter meer as net 'n mooier verpakking. Dieselfde velvernuwende en teen-verouderende essensiële olies wat in ons gesogte Lyfreeks is, is ook in hierdie Lyfwas en Sjampoe. Jy kan nou jou vel 'n hupstoot gee, selfs met jou seep! 

 

Soos die res van Huwelied Huis se Lyfwas & Sjampoereeks, is die basis 70% Olyfolieseep en 30% Klapperolieseep. Die voedende eienskappe van die olies is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel nou vogtigend en voedend is. Met die grootste gedeelte uit olyfolie, is hierdie seep besonder sag en voedend vir vel en hare. Die klapperolie gedeelte sorg vir ekstra skoonmaakkrag en heerlike groot borrels, sodat die seep maklik gebruik kan word op sponse en waslappe, of met die hand, in die stort of die bad.

Al Huwelied Huis se Lyfsepe is Castille-tipe seep, wat van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend is. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een.

Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou vel, sag op die natuur!

 

Gouereeks Lyfwas & Sjampoe 500ml

R 279,00Price
Quantity
  • Fonteinwater, Kaliumolivaat, Kaliumkoöraat, Seesout, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Laventel, Malva en Lemoen Essensiële Olie

bottom of page