Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Skottelgoedseep is 'n 100% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Sitronella Essensiële Olie. Hierdie grootte is spesiaal verpak vir mense wat nie hul hande in 'gewone', sintetiese skottelgoedseep kan druk nie. Nou kan jy ook jou kaal hande in skottelgoedwater steek.
Die voedende eienskappe van die olie is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel bevogtigend en voedend is. Klapperolieseep het besonderse skoonmaakkrag. Dit skuim ook fantasties. Dit sny deur vetterigheid soos niks anders nie. Gebruik dit direk op super vetterige potte, of in die opwaswater. In 'n sterk oplossing in 'n spuitbottel, maak dit ook korte mette van 'n vuil braairooster. Soos met outydse seep, moet jy jou glase en messegoed poets om dit te laat blink. 'n Alternatief is om 1 koppie asyn saam met 3 koppies water as 'n laaste afspoel-'doop' vir jou glase en messegoed te gebruik.
Bonus gebruik! Dit is ook 'n organiese insekdoder. Klapperolieseep vorm 'n mediumketting-vetsuur wat deur die doppies van klein insekte sny en hulle doodmaak. Meng dus 7,5ml in 1l water en spuit oor jou groente of ander plante.
Sitronella essensiële olie is gebruik om jou skottelgoed 'n vars sitrusreuk te gee.
Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou vel, sag op die natuur!
Skottelgoedseep
Fonteinwater, Kaliumkoöraat, Sellulose, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Sitroensuur, Seesout, Sitronella Essensiële Olie