Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Perdesjampoe is 'n 100% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Laventel Essensiële Olie. Hierdie grootte is geskik vir die meeste mense wat private perde-eienaars is. As jy met perde boer of baie perde het, kontak ons vir groter verpakkings. Ons het reeds 5 liter verpakkings op spesiale aanvraag beskikbaar. Klapperolieseep skuim besonder goed en die sjampoe kan dus spaarsamig gebruik word.
Die voedende eienskappe van die olie is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel steeds bevogtigend en voedend is. Hierdie seep is sag, voedend en kondisionerend vir die diere se vel en hare. Die klapperolie gedeelte sorg vir ekstra skoonmaakkrag en heerlike groot borrels, sodat die seep maklik gebruik kan word. Hierdie seep se uitstaande natuurlike eienskap is dat dit insekdodend is! Dit vorm 'n mediumketting-vetsuur wat deur die doppies van klein insekte, soos vlooie en luise, sny en hulle doodmaak.
Al Huwelied Huis se Lyfsepe, asook diere-sjampoe's is Castille-tipe seep, wat van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend is. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een.
Die bygevoegde Laventel essensiële olie sorg vir verdere insekverdrywing.
Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou diere, sag op die natuur!
Perdesjampoe
Fonteinwater, Kaliumkoöraat, Sellulose, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Sitroensuur, Seesout, Laventel Essensiële Olie