top of page

Heelwat mense wat mal is oor Huwelied Huis se Lekka Koffie, hanteer nie die kafeïene te goed nie. Ons is hier met 'n heerlike antwoord! Lekka Koffie het ook 'n Kafeïen-Vrye opsie met 100% Arabica Erfenisbone uit Sidamo, Ethiopië. Die smaak is effens suur met 'n medium sterkte, asook effens soet met 'n skoon nasmaak. Die geure is ryk, vol aroma met blom- en  speserygeure.

 

Baie mense is onder die indruk dat Robusto 'n minderwaardige produk is in vergelyking met Arabica. Dit natuurlik nie waar nie. Die verskil lê bloot in die smaak en kafeïeninhoud. Hierdie is die gunsteling mengsel van die meeste koffieliefhebbers en ook die mengsel wat die meeste begruik word vir espresso-gebaseerde drankies.

 

Die bone word eers na Europa gestuur waar die kafeïene sorgsaam met 'n CO2 proses verwyder word.

 

Die grootste rede om Lekka Koffie te drink, is die ongelooflike smaak. Ons reken dis die beste koffie in die land! Ons is oortuig jy gaan saamstem na jou eerste ervaring. Jy hoef nou nie meer op die kantlyn te sit as jy nie al die kafeïene kan hanteer nie.

 

Die verpakking is tans 250g gemaalde bone, wat perfek is vir koffieliefhebbers wat nie hulle eie toerusting het om koffiebone te kan maal volgens smaak nie, of vir diegene wat net 'n handige, verpakking soek wat blitsig 'n heerlike koffie-ervaring kan word in 'n Mokkapot, French Press, Perkoleerder, of wat ook al jou gekose ritueel is.

 

As dit nie sê Lekka Koffie nie, dan is dit nie lekker koffie nie! 

Lekka Koffie Kaf-Vry Gemaal

R170,00Price
    bottom of page