top of page

Huwelied Huis se Lekka Koffie het hulle reeks koffies uitgebrei om nou ook natuurlik gegeurde koffies in te sluit. Ons skop af met  'n 100% Arabica koffie wat dan met natuurlike Haselneutekstrak gegeur word - niks sintetiese geursels nie. Ons koffie word versigtig uitgesoek by boere, nie korporasies nie.

 

Lekka Koffie word volgens groenbeginsels gegroei vir hulle superieure smaak. Dit word dan met groot sorg tot perfeksie gerooster, gemaal en gemeng in Suid-Afrika. Met elke sluk koffie ondersteun jy 'n regte gesin.

 

As hierdie die enigste rede was om hierdie koffie te drink, dan was dit al klaar 'n fantastiese saak. Maar dit is nie! Die grootste rede om Lekka Koffie te drink, is die ongelooflike smaak. Ons reken dis die beste koffie in die land! Ons is oortuig jy gaan saamstem na jou eerste ervaring.

 

Die verpakking is 250g gemaalde bone, wat perfek is vir koffieliefhebbers wat nie hulle eie toerusting het om koffiebone te kan maal nie, of die wat bloot gemaalde koffie wil gebruik vir die gerief daarvan.

 

As dit nie sê Lekka Koffie nie, dan is dit nie lekker koffie nie!

Lekka Koffie Haselneutgeur Gemaal

R120,00Price
    bottom of page