top of page

Hierdie Donker Geroosterde mengsel van Huwelied Huis se Lekka Koffie, word gemeng met 100% Arabica-bone. Ons koffie word versigtig uitgesoek by boere, nie korporasies nie, in die tradisioneel koffieproduserende lande in Afrika soos Ethiopië, Rhwanda, Kenia en Tanzanië.

 

Hierdie koffie word volgens groenbeginsels gegroei vir hulle superieure smaak. Dit word dan met groot sorg tot perfeksie gerooster, gemaal en gemeng in Suid-Afrika. Met elke sluk koffie ondersteun jy 'n regte gesin.

 

As hierdie die enigste rede was om hierdie koffie te drink, dan was dit al klaar 'n fantastiese saak. Maar dit is nie! Die grootste rede om Lekka Koffie te drink, is die ongelooflike smaak. Ons reken dis die beste koffie in die land! Ons is oortuig jy gaan saamstem na jou eerste ervaring.

 

Die verpakking is 1kg of 250g gemaalde bone, wat perfek is vir koffieliefhebbers wat nie hulle eie toerusting het om koffiebone te kan maal volgens smaak nie, of vir diegene wat net 'n handige, verpakking soek wat blitsig 'n heerlike koffie-ervaring kan word in 'n Mokkapot, French Press, Perkoleerder, of wat ook al jou gekose ritueel is.

 

As dit nie sê Lekka Koffie nie, dan is dit nie lekker koffie nie! 

Lekka Koffie Donker Gerooster Gemaal

R320,00Price
    bottom of page