Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Kat-Sjampoe is 'n 100% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Laventel Essensiële Olie, aangesien katte deur Sitronella afgeweer word en Laventel ook steeds insekwerende eienskappe het. Ons het redelik navrae gehad vir 'n katsjampoe, aangesien kateienaars verkies om nie gifstowwe vir insekwering op hul katte se pelse te gebruik nie. Dit werk ook dikwels vir velbehandeling by ekseemagtige velprobleme. Egte castille seep (ook klapperolie castille/bastille seep) is reeds meer as 'n duisend jaar as medisinale velmiddel gebruik eerder as skoonmaakmiddel. Seep as skoonmaakmiddel is 'n meer moderne uitvindsel. Aangesien klapperolieseep besonder goed skuim, kan die sjampoe spaarsamig gebruik word.
Die voedende eienskappe van die olie is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel steeds bevogtigend en voedend is. Hierdie seep is sag, voedend en kondisionerend vir diere se vel, pels en hare. Die klapperoliegedeelte sorg vir ekstra skoonmaakkrag en heerlike groot borrels, sodat die seep maklik gebruik kan word. Hierdie seep se belangrikste natuurlike eienskap, in die konteks van diere, is dat dit insekdodend is! Dit vorm 'n mediumketting-vetsuur wat deur die doppies van klein insekte, soos vlooie en luise, sny en hulle doodmaak.
Al Huwelied Huis se Lyfsepe, asook Diere-sjampoe's is Castille-tipe seep, wat van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend is. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een.
Bygevoegde Laventel essensiële olie verskaf verdere insekverdrywing.
Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou diere, sag op die natuur!
Kat-Sjampoe
Fonteinwater, Kaliumkoöraat, Sellulose, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Sitroensuur, Seesout, Laventel Essensiële Olie