Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Hondesjampoe is 'n 100% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Sitronella Essensiële Olie. Hierdie grootte is geskik vir die meeste huise se honde, aangesien klapperolieseep besonder goed skuim en die sjampoe dus spaarsamig gebruik kan word.
Die voedende eienskappe van die olie is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel nou vogtigend en voedend is. Hierdie seep is sag, voedend en kondisionerend vir die diere se vel, pels en hare. Die klapperolie gedeelte sorg vir ekstra skoonmaakkrag en heerlike groot borrels, sodat die seep maklik gebruik kan word. Hierdie seep se een natuurlike eienskap is dat dit insekdodend is! Dit vorm 'n mediumketting-vetsuur wat deur die doppies van klein insekte, soos vlooie en luise, sny en hulle doodmaak.
Al Huwelied Huis se Lyfsepe, asook diere-sjampoe's is Castille-tipe seep, wat van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend is. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een.
Bygevoegde Sitronella essensiële olie verskaf verdere insekverdrywing.
Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou diere, sag op die natuur!
Hondesjampoe
Fonteinwater, Kaliumkoöraat, Hidroksie-etiel Sellulose, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Sitroensuur, Seesout, Sitronella Essensiële Olie