top of page

Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Castilleseep is 'n 100% Olyfolieseep. Dit is ongegeur. Hierdie Hipo-Allergeniese Seep is spesiaal gemaak om so sag as moontlik te wees op die vel, met niks verder bygevoeg nie, nie eers goeie dinge soos essensiële olie nie. Dit is dus perfek vir mense met probleemvelle, ekseem, baie droë velle, ens. Dit is ook ewe voortreflik as 'n baie sagte, voedende gesigwas. Dit kan gebruik word om die hele lyf, of selfs hare te was, maar aangesien olyfolieseep baie fyn borrels maak, is dit moeilik om te versprei. Gebruik dus iets soos 'n 'scrunchie' vir jou lyf, of 'n gesigsponsie.

 

Castille-tipe seep is van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een, wat dit 'n uitstekende reiniger vir tienervelle of aknee maak.

 

Hierdie is die grootste verpakking en is die meeste waarde vir geld.

 

Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou vel, sag op die natuur!

Castilleseep

R205,00Price
  • Fonteinwater, Kaliumolivaat, Seesout

bottom of page