Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Boerseep Plus is 'n Vlekverwyderaar en Wasgoedseep in-een. Dit is 'n 70% Beesvetseep en 30% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Sitronella Essensiële Olie. Hierdie grootte is spesiaal verpak vir huishoudings. Ons Boerseep+ is spesiaal geformuleer om nie veel skuim te maak nie. Dit is dus ideaal vir outomatiese wasmasjiene.
Boerseep het geen bekendstelling nodig nie. Dit is vir jare lank 'n gunsteling onder mense wat die beste skoonmaakkrag saam met 'n natuurlike produk verwag. Die verrassing is dat Klapperolieseep nog meer skoonmaakkrag het! Ons voeg dan nog twee minerale soute by: een om suurvlekke te verwyder - soos beet, tee, rooiwyn, selfs borrie en rooi grond, asook een om vetvlekke te verwyder - soos vleisvet om die braai, ens. Hierdie is dus 'n vlekverwyderaar en wasgoedseep in-een. Behandel sigbare vlekke vooraf met 'n bietjie onverdunde seep en voeg by die res van jou bondel in die was.
Hierdie seep is is 'n fantastiese skoonmaker, maar nogsteeds sag op die hande.
Ons Boerseep Plus is spesiaal met 'n lae-skuim formule geformuleer, sodat dit in ons groter verpakkings in outomatiese wasmasjiene gebruik kan word. Dit het nie 'n negatiewe invloed op die wasgoedseep se skoonmaakkrag nie.
Sitronella essensiële olie is gebruik om jou wasgoed heerlik vars te laat ruik.
Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar.
Sag op jou vel, sag op die natuur!
Wenk:
Maak jou wasmasjien van tyd tot tyd (moontlik een keer in 6 maande) so skoon - ook voordat jy die natuurlike seep begin gebruik, om van die vullers in sintetiese waspoeiers ontslae te raak:
Gooi 'n 1/2 koppie wassoda in jou wasmasjien se seepkompartement en laat die masjien leeg op sy warmwatersiklus was.
Boerseep Plus
Fonteinwater, Kaliumtalgaat, Kaliumkoöraat, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Natriumkarbonaat, Seesout, Sitronella Essensiële Olie
Gebruik 1/4 koppie per 5kg wasgoed / vir 20l water in 'n emmer. Behandel vlekke vooraf met onverdunde seep, vryf deeglik, spoel indien nodig en was verder saam met die res van die bondel.