Ons is onbeskikbaar vanaf 17-23 Aug 2026.
We are unavailable from 17-23 Aug 2026.
Ons is uitstedig gedurende hierdie week, en sal dus nie beskikbaar wees vir konsultasie, of verpakking en versending van bestellings nie. Jy is nog steeds welkom om jou bestelling in ons aanlynwinkel te plaas. Dit sal hanteer word vanaf Maandag 24 Aug 2026.
We are out of town for this week and are not available for consultations, or the packing and sending of orders. You are still welcome to place your order in our online shop. We shall process it from Monday 24 Aug 2026.
Dankie vir jou ondersteuning!
Thank you for your support!
Seepreeks
Olyf- en Klapperolieseep
Huwelied Huis bied jou ‘n hele reeks 100% natuurlike sepe, vervaardig uit Olyf- & Klapperolie. Daar is sagte en voedende seep vir jou vel, hare en hande, bobaas skoonmakers vir jou wasgoed en skottelgoed en wonderlike sjampoes vir jou honde, katte en perde. Al hierdie sepe is sag op velle, bio-afbreekbaar en omgewingsvriendelik.
Sag op jou vel – Sag op die natuur
Natuurlik-Alternatiewe
Gesondheid

CDS & MMS gebaseer
Lyfreeks
Olyf- en Klapperolie Lyfprodukte
Troetel jou vel met Huwelied Huis se verskeidenheid 100% natuurlike Olyf- & Klapperolie Lyfprodukte. Daar is reukweerder wat nie jou vel irriteer nie, lipsalf wat regtig werk, gesig-, lyf- en reddingsroom, en allerhande troetelgoed om jou mee te bederf. Al die produkte is natuurlik sag op velle, bio-afbreekbaar en omgewingsvriendelik.
Sag op jou vel – Sag op die natuur
Lekka Koffie
Verbou volgens Groen Landboubeginsels
Om te verseker dat Lekka Koffie die beste smaakervaring is, gebruik ons slegs die beste bone, gegroei in harmonie met die natuur deur boere, nie korporasies nie. Met elke sluk ondersteun jy ‘n egte gesin. Afkomstig uit Afrika – tot perfeksie gerooster en gemeng in Suid-Afrika.